abundantly living

will I take the leap of faith

following the path

God has set out before me

even when it makes

absolutely no sense

when I connect

see the dots connecting

but inspired & motivated

by His Spirit to carry on

go & follow

His dreams & passion

for my life

not just existing

abundantly living

Advertisements

Daffodil & Daisy

Daffodil & Daisy

a friendship none can compare

quirky & almost crazy

but yet a perfect pair

weird & wonderful their connection

a destiny they share

memories collected whilst building their future

an oddity & also very rare

their hearts intertwined

inexplicably thoughts are shared

this friendship is meant to last

to stand test of time…

die maan se liefde

so sit ons

tien teen een

saam

na die maan

en staar

ek met ‘n geskribbel

jy met jou kitaar

onder dieselfde

sterrehemel

ons liefde

en verklaar

die maan luister

aandagtig

sonder voorgee

na ons twee

ek in die binneland

jy by die see

die maan hou ons vas

bring ons

nader aan mekaar

sodat ons

onder sy wakende oog

ewig en altyd

ons liefde

aan hom en mekaar

sal verklaar

kronkelpad

om ‘n kampvuur

langs die see

tussen skimme

en herinnerings

hou my gedagtes

vakansie

my gedagtes

dwaal en maal rond

tot hier by jou

so laai my af

langs die maan

tussen die sterre

sodat ek verder

op my eie

kan verdwaal

dat ek my weg kan vind

terug tot waar

ek op my eie kan staan

terug tot waar

ek moet wees

êrens iewers

sal ek weer glimlag

op die kronkelpad

terug na waar

ek waarlik tuis is

daar waar ek hoort

in jou hart…

kruidjie roer my nie

hardkoppig & eiewys

my eie mens

kruidjie roer my nie

alles ‘n front

die masker wat ek dra

om verdere seer te keer

delf dieper

vind my hart van vlees

sien hoe liefde

deur my are stroom

my bereidheid

om alles

myself te gee

vir die een

my perfekte pasmaat

met die sleutel

om my hart

ten volle te ontsluit

in wie se hart ek pas

waar ek veilig tuis hoort

Laluna

Laluna is haar naam

en soos almal weet

is sy ordentlik met die maan gepla

hul konneksie

iets wat niemand ooit sal kan verstaan

gebind deur ‘n ewige hunkering

ware liefde in mekaar gevind

intimiteit op ‘n kosmiese vlak

daardie iets uniek en spesiaal

so op hul manier

is hul vir mekaar bedoel

hul eiesoortige droom verhaal

‘n sprokie, hul fantasie

Tog is Laluna en ek

so op ons eie wyse albei bietjie gek

want eintlik is Laluna

die ander kant van ek

ek is Laluna