in the light of Your love

for just one more day
I want to look
at the world You’ve created
through Your eyes
in the light of Your love
knowing that I am
held in Your love
safe in Your heart

Advertisements

iewers tussen êrens & nêrens

eensklaps vang ek myself so in die middel van die dagdroom…

as dit maar net eg was & ek tog eerder op die strand kon sit & die branders dophou. die idee van ontsnap klink na ‘n goeie een, ‘n wegbreek van alles & almal. nie dat dit die huidige probleme & deurmekaar situasie sal oplos nie. 

tog dink ek dat die wegbreek ‘n BAIE goeie idee is

hierdie laaste tyd was ek maar so effens stil
(‘n stil bek is immers mos ‘n heel bek, of so word daar gesê)
dat ek eerder die monsters & my gedagtes probeer uitsorteer voordat dit met pen op papier (of in hierdie geval so op die skerm) vasgevang word, want dan is dit vir ewig (& al probeer mens hoe hard, iets wat eers op die wêreld wye web geplaas is, verdwyn nooit heeltemal nie)

& steeds sit ek vasgegespe in die tuimeltrein met sy vreemde, vinnige op & af wat my rondskommel & rondgooi, my deurmekaar maak & die oorsaak is dat ek wil ontsnap. dat ek myself graag eerder iewers tussen êrens & nêrens wil vind as waar ek nou voor hierdie skerm sit.

vreemd, of eerder interessant?

tydens alles wat ek sover deurgemaak het was ek besig met iets wat te doen het met geluk. 
eers was dit die #100happydays waaraan ek deelgeneem het & daarna was ek besig met die aanlyn kursus the science of happiness. so asof ek elke keer herinner moes word om te kies om te glimlag, om te kies om die positiewe raak te sien (al gaan dinge hoe sleg) om weer te onthou om die klein dingetjies raak te sien & te waardeer

dan ook die herinnering dat ek nie heeltemal alleen deur hierdie tye gaan. 
dat daar vriende & familie is wat my ondersteun & saam hierdie kronkelpad aandurf terwyl ons almal met ons eie monsters baklei & tog is daar altyd krag van Bo

in die Here se hand is ek veilig & Hy voorsien op Sy tyd wat Hy weet ek benodig (nie noodwendig net wat ek wil hê), want baie maal is dit wat ek wil hê juis dit wat my sal vernietig (al besef ek dit nie onmiddelik nie)

daarom sal ek tyd maak om stil te word & te luister na Sy stem

lewens mosaïek

selfs in my stukkend wees
waar ek myself
in flenters & aan skerwe
op die grond sien lê
sien ek ook
God se helende hand
in liefde
my stukkies uitsorteer
& weer aanmekaar sit
sodat ek kan wees
wie Hy my gemaak het
om Hom ten volle
te reflekteer
dat my lewens mosaïek
na alle rigtings
Sy glorie & liefde
kan reflekteer
om in liefde
vanuit liefde
my lewens mosaïek
voluit te kan leef

God’s Holy Fire

when we say
let God’s fire fall upon our lives
do we know what we’re asking
to be burnt & shaken
so that nothing of us remains
only what He has built
that our lives can be
purified, made clean
so that in us
He can be seen
a life to be lived
in such a way
that it’s not about me anymore
but that He can be seen
in every aspect
& that all things will
from this day forth
honour Him
till the end of all days

mallemeule jaar

hierdie mallemeule jaar
se rond geskommel
voel meer soos ‘n monster
wat my heel insluk
in sy binneste verteer
& dan uitspoeg
sodat ek
flenters & aan skerwe
weer van voor af
moet begin
opstaan uit die stof
& my lewensavontuur
met nuwe moed & durf
moet aanpak
uitvind wie ek as mens is
& voortbou op
die nalatenskap van my voorouers
& tussendeur
my eie stempel op alles af druk