groeigeleenthede

verlief & verlore sit ek na die skerm en staar…

wonder of dit enigsins sou sinmaak, die warboel gedagtes wat elke keer stop (met ‘n simpel glimlag wat my mondhoeke terg) by jou… jy wat my onkant gevang het & my knieë lam gemaak het & wel, tegnies my gevang het.
by jou is ek veilig, maar meer as dit by jou is ek tuis.

o gits, en weereens vang ek myself dat ek aan my Wolf sit & dink (lees dalk eerder sit & dagdroom)

ek glo met alles in my dat hierdie ‘n herontdek jaar is, een gevul met groeigeleenthede.
& as ek so na alles & almal om my kyk weet ek dat dit ‘n interessante jaar gaan wees.

die tuimeltrein het nog nie regtig gestop nie… maar ek het darem nou ‘n iemand wat hierdie saam my mee maak, dat ek nie meer op my eie hierdeur moet gaan… ‘n iemand wat my wil versorg, vertroetel, beskerm & opbou. dit maak die onsekerheid meer draaglik.
maar ek weet ook dat hierdie uitdagings eintlik groeigeleenthede is, dat dit trappies na die volgende (lees hier iets beter) vlak is…
ek word immers gereeld daaraan herinner dat al kan ek nie my omstandighede kies nie, ek my reaksie en daaropvolgende aksie kan kies. dat dit wat ek deurmaak vir ander as voorbeeld/waarskuwing kan dien (afhangend van hoe jy my lewe sou lees) daar word mos immers ook gereeld gespot dat as ek nie die voorbeeld kan wees nie ek dan eerder die waarskuwing moet wees.

hierdie jaar hou allerhande interessanthede in… groeigeleenthede rondom werk… skielik is daar ‘n iemand, my Wolf, aan my sy… (& hy praat al van trou…)

tog is ek opgewonde oor wat die jaar inhou, want ek weet die Here is reeds doenig & daar… die jaar is in Sy hand. ek weet ek’s verseker nie gereed vir alles wat moontlik kan gebeur nie, maar ek weet met sekerheid dat dit alles in Sy hande is & Hy gereed is vir als

& ek weet omdat hierdie jaar ‘n herontdek jaar is, dat daar veelvuldige groeigeleenthede gaan wees.
dit is my keuse wat ek met die geleenthede gaan maak, of ek dit gaan laat verbyglip & of ek dit gaan aangryp en myself beter gaan leer ken & die meeste van elke situasie gaan maak.

Advertisements