iets van waarde

toegedraai in my Wolf se baadjie terwyl ek musiek luister & iets probeer hap om my maag se hongerpyne te stil, dwaal my gedagtes rond rondom die idee van wat ek nou eintlik werd is… ek is verlede week nogals uitgedaag rondom hoe kosbaar ek nou eintlik is (dit’s nie noodwendig almal wat kan sê dat hulle deur ‘n weermag Kaptein & ‘n Majoor gechauffeur was nie – al het ek eintlik net saam gepiekel op hul missie vir die dag)

die vrae wat in my gedagtes maal
– hoekom sien ons nie ons eie waarde raak nie?
– hoekom glo ons leuens rondom wat ons werd is?
– hoekom is dit so moeilik om te glo dat ons wel iets werd is?

& nee, ek het nie antwoorde op hierdie vrae nie & ek sukkel self hiermee…
ek dink dit’s omdat dit die laaste tyd so baie by my spook dat ek hierdie gedagtes moet probeer vasvang op die skerm (sodat ek dit uit my sisteem kan kry, maar ook sodat dit vir ander ook iets kan beteken)

iets wat ek interessant vind, en oor wonder… hoeveel waarde heg ons aan mekaar, & meer as net dit, hoe beïnvloed ons die mense rondom ons om hul eie waarde te sien & dan wat sien hulle dan – watter waarde heg hulle dan aanself??
is ons konstruktief besig om mense om ons op te bou, of breek ons mense af…

ek het ‘n ruk terug iets gesien wat my laat wonder het, iets wat spreek van die waarde wat ek aan mysself heg… ‘the way I see & what I say about others says nothing about them, but speaks volumes about myself’ – want hoe ek myself ag gaan bepaal watter waarde ek aan ander heg & of ek hulle gaan opbou of afbreek

daarom dink ek dat die uitdaging waarmee ons sit, is om te besef hoe kosbaar & waardevol ons nou eintlik is, dat ons ons waarde sal besef sodat ons ander om ons ook kan aanmoedig om hul waarde te kan raaksien – dat ons hul kan opbou om meer van hul waarde elke dag te sien…

& dan besef ek hoe gelukkig ek is, want my Wolf doen juis dit… hy daag my uit om elke dag bietjie meer te sien (sy oogpunt & perspektief van my raak te sien), om elke dag al hoe meer te besef wat my waarde is 🙂

Advertisements

woorde wat wegkruipertjie speel

my gedagtes loop oor & daar is te veel dinge om aan te dink… maar om die gedagtes in woorde om te sit blyk ‘n uitdaging te wees… tans voel dit of al die woorde wat ek dalk sou wou kon gebruik wegkruipertjie speel & my uittart oor ek hul nie kan vind & sodoende die gedagtes vas te vang en neer te pen nie… so asof hulle elders besig om gebruik te word & ek hul nie mag raaksien nie

& dan wonder ek oor die feit dat ek sukkel om stil te sit… oor ek al hoppende in ons leefarea LEWENDIG voel (dalk oor dit voel of al die mure & forte om my hart so stukkie vir stukkie verkrummel & ek weer vrylik kan dans of dalk net oor ek weer begin dans het)

al voel dit of die tuimeltrein van my lewensavontuur net al hoe vinniger & al hoe interessanter & al hoe meer vreemder goeters deurmaak…. maar ek kan steeds glimlag (kies om steeds te glimlag)

iets wat ek so stilweg al hoe meer besef…. ek is geseënd, soveel meer as waarvoor ek ooit kon vra… & om dit raak te sien, in die klein alledaagse goeters (al voel dit of ons in die middel van ‘n verwoestelike storm sit, maar ek weet dat God ons NOOIT sal laat gaan nie – Jesaja 43:2-4 & in Hebreërs 13:5 prettige herinnering) Die wete dat God soveel groter is as wat ons voel & dink… (that in itself boggles my mind)

& skielik word ek onderbreek deur Amore wat kom liefde & aandag soek
ek dink ek kort nog ‘n koppie koffie & dalk iets te ete….
& siedaar… my woorde het tog hul weg gevind tot op die rekenaarskerm
(maar of alles sinmaak is ‘n totale ander vraag)