die lewe as ‘n leerkurwe…

die lewe is ‘n leerkurwe & sommige kurwes is lekkerder as ander…
tans is dit weereens iets wat ek besig is om te beleef, om te leer
so asof ek die een deel van die toets geslaag het, maar nou verder getoets word op ‘n hoër vlak, met nuwe kennis wat opgedoen is die afgelope jaar.

gelukkig staan ek nie alleen in hierdie proses nie, maar dit maak dinge ook nie noodwendig makliker nie… want skielik is dit nie net my stres nie… maar alles beïnvloed diegene rondom my

iets wat ek egter op my tuimeltreinrit geleer het is dat maak nie saak wat gebeur nie, ons is nooit alleen nie. daar is altyd ‘n ondersteuningsnetwerk wat omgee & wil help sover dit in hul vermoë is. (ons moet hul net raaksien & toelaat om te help)

& erêns tussen al die kurwes moet ons nie vergeet om elke dan & wan iets te doen wat ons laat glimlag nie… soos om te dans of ‘n bordspel te speel of piekniek saam vriende nie… (& dan onthou ek ook so toevallig dat my verjaarsdag piekniek & gaan treinry voorlê) mens moet tyd maak vir diegene wat jou laat glimlag, die wat lewe in jou lewe inspreek & die wat jou herinner dat daar meer is…

iets wat ek iemand eenkeer hoor sê het – daar’s geen fout tensy mens nie uit die situasie uit leer nie. ek glo dit nogals, mens moet net jou oë oophou om al die lesse rondom jou raak te sien.

Advertisements