glinster geleentheid

die son speel wegkruipertjie & elke dan & wan is daar so paar verlore druppels wat hul verskyning maak… ons bondeltjie liefde, ons 4 potige katkind, het my skoot kom oorneem (maar ek dink dit is dalk oor die snoesigheid van my ‘batman onesie’)… my Wolf is by die werk & ek probeer my gedagtes op die skerm voor my vasvang…

my gedagtes raas & sukkel om sin te maak vandag (so asof hulle eerder verlore in ‘n film wil raak)

daardie lawwe oomblik waar mens besef die tuimeltrein rit het ‘n paar nuwe kinkels bygekry wat nuwe groeigeleenthede & geleenthede om te glinster besorg het. so asof ons dan nou ook wil vra wanneer daar weer ‘n rustige stukkie gaan wees, waar ons net weer asem kan skep voor die volgende stel kinkels ons probeer skrikmaak.

dan skielik is daar ‘n rustigheid, juis oor ek weet ek nie die tuimeltrein rit alleen aanpak nie, ek & my Wolf sit (of sal dit nou staan wees) saam in hierdie avontuur… & dit is ‘n avontuur! dit leer ons soveel meer van mekaar & bygesê dat ek ook soveel meer van myself die laaste tyd kon leer…
ons ondersteuningsnetwerk wat ons bemoedig & aanmoedig om nie moed te verloor nie, wat saam met ons staan (of sou dit hier nou sit moes wees)…

& dan besef ek ook tog iets van glinster ten spyte van my omstandighede
om te kies om silwer randjie te soek (want mens sien dit nie altyd raak nie)
om te kies om positief te probeer bly & die positiewe in die dag raak te sien
om te kies om ander toe te laat om deel te wees van die tuimeltreinrit – dit was nogals ‘n moeilike ene aan die begin, juis oor ek myself so soortvan onttrek as dinge nie meer so lekker gaan nie
om te kies om stil te word, my krag in die Here se vreugde te vind & vas te staan op Sy woord & Sy beloftes
om ten spyte van die omstandighede te bly glimlag & op God te vertrou.

Advertisements