‘n sombere siele stilte

‘n sombere siele stilte
het my
eenkant
ongemerk
onkant
kom vang
stilletjies het ek al hoe
stiller
geword
my woorde opgedroog
en betekenis het verdwaal
die ysmure om my hart
het my gekluister
gevangene gehou
so dat ek als & almal
deur die skrefies vensters
kan beloer
hul liefde kon my ys nie smelt
& raad was afgewas
niks kon in of uit deur die ys
die vuur moes van binne brand
om die mure weg te smelt
so kon ek stukkie vir stukkie
my lawwe stem self weer hoor
& uitroep
na geliefdes wat
skielik
met ope arms & harte
(eintlik nog die hele tyd)
my terug in die sonskyn aanvaar

Advertisements