wat is ‘n sneeuvlokkie?

‘n term wat ek die laaste ruk mee in aanraking gekom het wat ek nogals interessant vind… altans die beskrywing daarvan interessant vind…. seker ook iets te doen met die tipe youtube videos waarna ons die laaste tyd kyk… maar dan besef ek, dit’s iets meer as dit… en mens sien dit die laaste ruk meer…

en nee… ek praat nie oor ‘n sneeuvlokkie wat mens kry as dit sneeu nie…

dit’s die beskrywing wat aan millennials gegee word, omdat millennials gesien word as fragiale poefters wat veilige spasies vir alles benodig en met sagte handskoentjies hanteer moet word sodat hul gevoelens en emosies nie seer sal kry nie, en as dinge nie gaan soos hul dit wil hê nie is hul die grootste slagoffer van een of ander wandaad…. en hoe groter slagoffer jy is, hoe beter?

in sekere opsigte besef ek dat dit die samelewing is waarin ons leef… en in sekere opsigte is ek ook seker ‘n millennial sneeuflokkie (juis omdat ek baie van die goed in myself raaksien en ‘n punt daarvan gemaak het om daaraan te werk), maar daar is defnitief goed waarmee ek myself nie mee kan vereenselwig nie.

om op ‘n vaste waardestelsel te staan (al word dit as oudmodies gesien), om aan Bybelse beginsels en waardes vas te hou om my pad te rig en ly.

dan wonder ek weereens oor die punt van veilige spasies sodat ons emosies nie moet seerkry nie… sodat ons mekaar moet waarsku dat ons dalk iets gaan sê wat iemand gaan aanstoot gee… dat ons so oorversigtig moet wees met wat ons sê omdat mense als te emosioneel en persoonlik opneem (en ja ek’s self aan daai skuldig) en nie logies na dit wat gesê word luister en eie opinie kan vorm nie aangesien almal die publieke mening volg… nie dat publieke mening nie reg is nie, maar soms is dit so verwronge met ideale wat nie haalbaar is en wat almal so tevrede wil stel dat mens niks het waarop jy regtig kan staan nie…

nog iets wat uitstaan as mens dan nou aan hierdie sneeuvlokkies dink… die idee dat ons op alles en nog wat geregtig is… dit is my reg… maar wat van die reg van die meerderheid? moet die reg van die een die reg van die meerderheid oorskadu? en nog iets… hoe werk dit dat een lewe of stel lewens belangriker as ‘n ander stel lewens geraak het? dat ons nie kan sien dat ons almal mense is nie, al verskil kulture (al kan die kulture nie met mekaar vereenselwig en ooreenstem nie)

en ja ek trap seker op tone, of krap gedagtes en emosies om met wat vasgevang is op die skerm… maar dit’s nog iets om oor te dink… doen iets verder daarmee… nie net na ‘n veilige spasie hardloop omdat als en almal te erg raak nie (en ek praat so semi met myself ook hier)

my keel voel sommer droog en dan besef ek my koffie beker staan leeg…
so, tot ‘n volgende iets my dwing om my gedagtes op die skerm vas te vang….

groete vanaf die kant van die skerm

Advertisements

my intrapslag in die biker fandamily in

om tot daardie besef te kom, ek is tog maar ‘n biker chick en my Wolf se ol’ lady… ‘n redelike groot eer om dit te weet 🙂

nie dat die feit dat ek wel ‘n adrenalien verslaafde is ooit bevraagteken was nie, en ook nie dat ek maar nog altyd van verskillende voertuie (motors en motorfietse) gehou het nie…

dit was egter vir my tog ‘n aanpassing om met ‘n biker uit te gaan en toe ‘n paar maande later te trou… dit het my lewe net nog so bietjie meer interessanter gemaak…

skielik moes ek baie van die dinge wat ek van bikers gedink het en dit wat ek gedink het ek weet aanpas en verander… sien, in my kleurvolle verlede was daar interessante interaksies met bikers gewees (altans mense wat ‘motorcycle enthusiasts’ was, wannabes wat probeer het om die badass beeld wat aan bikers gekoppel is na te leef)

ek’t egter gou geleer dat daar wannabes is en dan is daar motorfiets entoesiaste en dan regte bikers. en ek moes leer om die verskil te kon raaksien en te leer dat alle bikers nie dieselfde is nie… asook dat meeste bikers, al is hul bad ass, het hul die kleinste sagste harte(nie dat hul dit ooit sal erken nie).

ek moes ook my kennis bietjie opskerp (die terminologie aanleer om so effens te kan verstaan en weet waarvan daar gepraat word) en weet watter fiets wat doen, ook sodat ek nie te veel uitstaan as iemand wat eintlik niks weet nie….

‘n anderste agteropsit uitkyk gaan juis oor my ervarings en hoe dinge ontwikkel het tot waar ek huidiglik my eie motorfiets soek…. so in hierdie afdeling sal ek my ervarings deel, van al my eerstes, dit wat ek van toerusting weet, wat dit is om ‘n ol’ lady te wees, en iets van deelwees van ‘n biker fandamily

groetnis van hierdie kant van die skerm

eerste bladsy van ‘n nuwe hoofstuk genaamd 2017

en so het 2016 gister met vuurwerke en ‘n groot vaarwel afgesluit… ek wonder hoeveel mense se eerste bladsy van die nuwe hoofstuk genaamd 2017 met ‘n effense ongesteldheid begin het…. ek en my Wolf was lui en rustig, en tog het ons heelwat gedoen gekry (bietjie navorsing oor toekoms projekte gedoen, films wat op ons kyk wenslysie is gekyk, wasgoed gewas, Star Wars leesstof gekry en ons katkind geterroriseer)

ek wonder so bietjie oor 2017…. wat hierdie tuimeltreinrit vir ons inhou… hierdie deel van ons avontuur… nuwe groeigeleenthede en leerkurwes 🙂

ek weet ons familie groei (meer geleentheid vir my om tannie te speel vir my broer en niggies se kleinlyfies wat hierdie jaar hul verskyning maak) dit’s steeds vir my tans die lekkerste om tannie te wees omdat die gedagte van ma wees my so bietjie skrikmaak nog op hierdie stadium. maar glo dit sal ook mettertyd verander. (ek kan nog nie my speelgoed deel nie so ek’s nog nie reg vir kinders nie)

dan is daar natuurlik nuwe werk’s groei geleenthede… waar dinge effens onseker is, maar die groei geleenthede wat wel vir ons loer is iets wat my uiters amper sommer kinnerlik opgewonde maak… die feit dat beide ek en my Wolf weer buite die boksie kreatief begin dink, met ‘n paar nuwe idees wat nogals interessant vorentoe kan uitdraai 🙂

iets waaroor ek dankbaar is so aan die einde van die feesgety, ons kersboom het oorleef (ons katkind het haar met ander stuitighede besig gehou, selfs by een van ons bure gebraaide wors gesteel)

ongelukkig het ek nie soveel vitamien D en oefening ingekry soos ek graag sou wou nie… maar my kreatiwiteit is gestimuleer en ek’t weer buite die boks kon dink, boardgames kon speel en tyd saam vriende spandeer.

my verloftyd is egter besig om baie vinnig baie min te raak… juis vir daardie rede vermoed ek dat ek eers my tyd agter die skerm gaan kortsny…
so groete vanaf die kant van die skerm!