‘n ietsie van eerstes…

eintlik kan ek nie regtig sê waar my liefde vir motorsport begin het nie, en nog minder vir motorfietse…. ek kan hier en daar onthou van groot fietse (bv my kleinneef wat groot fietse reggemaak het en ons so skelmpies om die blok geneem het daarmee), van klein fietse (soos die een waarop al die kinders in die buurt beurt gemaak het om op te ry), die scooters (en dat ek my eie een wou hê), die jongman op varsity wat my so elke dan en wan vir ‘n spin op sy fiets gevat het, die groot ‘massrides’ wat altyd interessant gelyk het, die biker wannabes wat my lewe vir so rukkie kleurvol gelaat het (al was dit verskillende skakkerings van swart)… en toe raak ek verlief op my eie biker, my Wolf…

van my en my Wolf se begin af moes ek die biker ding en deel wees van ‘n biker fandamily bietjie baie meer ernstig opneem… kaalvoet en sonder ‘n helmet op ‘n fiets (maak nie saak van die hoeveelheid cc’s) is nie meer toegelaat nie, VEILIGHEID EERSTE!!

gepraat van…. ja, eerstes….

tot en met my en my Wolf se avontuur begin het, het ek nooit regtig my eie kit gehad nie… ek’t maar altyd van geleende kit gebruik gemaak of selfs sonder dit rondgerits (nie dat daai ‘n veilige opsie is nie, en ook nie een wat ek sal aanbeveel nie)… maar my gedagte was nooit regtig so om my eie fiets te hê nie, aangesien ek my eie cage het… al was die elke dan en wan rondrits op ‘n fiets tog lekker gewees, maar ek was nooit so ernstig soos ek deesdae is oor die biker ding nie (dalk oor ek nou met ‘n biker getroud is?)

my eerste ervarings met helmets was heel interessant gewees… geleende helmets sit net nooit regtig soos dit moet nie… ‘n spaar helmet voel net nooit soos jou eie nie (veral nie as die helmet dan nog 2 groottes te groot is nie)…. ‘n te groot helmet is prettig, want jy draai jou kop en dan kom die helmet agterna gedraai… maar as jy saam iemand ry wat lekker spoed vang en dan nie noodwendig besef hoe ‘n hobbel in die pad vir jou as pillion voel nie, en die helmet slaan jou wind uit, is dit nie noodwendig prettig nie…. of as jy ‘n flipface helmet leen en die vibrasie jou ore so seermaak en jou van balans afgooi…. maar ek vermoed ek glimlag eintlik steeds die meeste oor my eerste trip met my eie helmet (toe die viser nie ordentlik vasgemaak was nie), toe ons op spoed was uit op ‘n brunch run en my viser opgelig het…. dit het my effens geskrik gelaat en my ‘n rukkie geneem daarna om weer gemaklik teen hoër spoed agter op die fiets te wees…

my Wolf het egter aangedring van vroeg in ons verhouding af dat ek nie sonder ordentlike kit moet ry nie… en ons het begin uitkyk vir my vir ordentlike riding gear… want voor dit het ek allerhande ander opsies gebruik, dink dik baadjies, geleende leer baadjies of sommer sonder baadjies… maar ja, dit’s nie regtig in die biker fandamily aanvaarbaar nie. en daarom het ons begin kyk vir my vir ‘n ordentlike baadjie & rybroek… ons het by die bloemskou vir my ‘n leer baadjie (wat eintlik meer vir cruiser riding as vir ‘n spoedfiets is) gekoop saam met ‘n waistcoat wat in my smaak val, so bietjie iets anders as wat mens sommer net elke dag sien… met ekstra geldjies wat op ‘n later stadium losgekom het, het ons egter vir my gaan kyk vir ‘n baadjie wat bietjie meer gefokus is vir iemand wat op ‘n spoedfiets is, en so ook ‘n broek met al die regte padding op die regte plekke (alhoewel ek steeds op die uitkyk is vir ‘n bietjie sexier weergawe van ‘n rybroek, en sal nie omgee om ‘n riding jean ook te besit nie)…

en skielik kom ek agter my beker is leeg en ek weet ek kort defnitief nog koffie… of dalk eerder iets koud’s in ‘n glas…

so tot ‘n volgende keer…
groetnis vanaf die kant van die skerm!

Advertisements