twee wiel kronkelpad

wonder soms oor die kronkelpad avontuur waarop 2 wiele ons nou al geneem het… van daardie eerste keer se verkeerd sit, daardie kopskud oor ek nie kan stilsit, die ongeluk, en dan sekerlik ook die fandamily wat ons gereeld oorval om te hoor hoe ons 2 wiel vind verloop…

ek laat Wolf steeds glimlag oor daardie eerste paar ritte waar ek sonder om te besef hom te styf vasgeknyp het tussen my bene & my arms amper dubbel om hom gevou het…. dit het egter redelik vinnig verbeter…. want as ons iewers wou wees is die partytjie kar agterwee gelaat en het Sarah ons gevat waar ons wou wees…

die eerste blootstellings aan die sy van my Wolf het die motorfiets lewe vir my heel nuwe kleur en betekenis gegee, so dat ek geweet het of ons iets op ons rug het of nie & maak nie saak wat ons ry, dit is fandamily die!! dink die feit dat ek aan die sy van ‘n semi celebrity in die biking gemeenskap hier waar ons is getrou het, het seker ook so bietjies bietjies baie gehelp. veral met die bekendstellings aan almal by die drags, die dayjols, die massrides…. alles goed wat my lewe kom inkleur het. tot op ‘n punt so dat as ons nie sou groet ons amper in die moeilikheid sou wees 🙂

dit is ook die motorfiets familie wat sal uitwys dat hierdie maltrap nie stil agterop kan/kon sit… & dit dan ook een van die vele redes dat ek die stokke self wou vat & beheer oorneem… met daardie gogga wat gebyt het, het elke kans wat ek kon neem ‘n geleentheid geraak om self op 2 wiele rond te rits. (selfs nou nog waar ek my buurman probeer omkoop met lekker koffie)

in ‘n oomblik het ons 2 wiel avontuur egter amper tot ‘n einde gekom… daardie oproep sal ek nooit vergeet – toe my hart tot in my skoene gesink het & ek die wete gehad het iets groot is verkeerd (so dat ek nie eers die foon wou antwoord). dat my Wolf daardie dag daar kon opstaan met Sarah se linkerkant weg geskuur (wat self ‘n groot storie was – elektronies niks fout, net meganiese & kosmetiese skade)… en daar het baie dinge vir ons gestop, altans so het ek gedink…
steeds was daar 2 wiele in ons avontuur, al was dit die sjinese oranje gevaar (ons praat nie in ons huis daaroor) – waarop ek so elke dan en wan my selfvertroue wou opbou tot op die dag waar ons dit ook moes groet…

al kan ons nie nou rondrits op 2 wiele nie, is ons droombord elke dag sigbaar. & die biking fandamily het ons nie vergeet & los ons nog minder uit om ons te herinner om uit te hou en aan te hou tot waar ons weer in staat sal wees om die avontoer verder te vat!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s