windterapie

lewe bruis deur my are
soos die wind in my hare
met die teerpad strepe
wat verby my bly gly
voorwaarts al rollend
tel my wiele
elke veilige & vreemde
kilometer op
met ‘n glimlag reg rondom
terwyl my tenkie opvul
oorlopenstoe vol

Advertisements

Dans

my voete ontknoop die verstrengelde drade van my hart

die inspanning laat die bloed weer deur my are bruis

‘n vuur word aangeblaas & passie herontdek

iets wat my weer uitdaag & aanmoedig 

om uitbundig my vlerke te sprei

die dansbaan te betree & die vloer myne te maak

om met oorgawe alles te gee & weer voluit te leef

ek & my Wolf 

​erens op die langpad het ek myself verloor. 

jy’t my eensklaps onverwags gevind & my tuis gebring. 

jou hart het my huis geword & ek’t myself ook weer gevind. 

geseënd met soveel meer as wat ek ooit voor kon vra. 

‘n ware heer, ‘n kryger wat vir niks terug sal staan. een wat homself oor my ontferm & self soms harde liefde gebruik om sagte liefde duidelik te maak. 

wat ten koste van homself my op sy hande bly dra. 

ek’t jou wyf geword my Wolf, om jou rug toe te maak & jou hart te dra, om jou sterk te maak. 

saam jou sal ek die res van my vir altyd deel!