toxic masculinity

WHY are we so focused on empowering women that we FORGET to teach, empower & encourage boys to grow up as men?

In the last few months it has turned my stomach & messed with my brain… Why has bashing & demonising the opposite sex, become so important in order to show the strength of women?

It has made me think of what the term toxic masculinity actually means – does it mean that being masculine is toxic? does it mean that all men are toxic? that men should not be?

Let me go back to where I believe this all started. & I know right here so many will roll their eyes & stop reading what I have to say (& that is okay).

Genesis 1:27 So God created man in His own image, in the image and likeness of God He created him; MALE and FEMALE He created them (The Amplified Bible).
We’ve been created in the image & likeness of God – that entails that we’ve been created with purpose & inborn traits that the opposite sex does not have. HOWEVER, with the fall of man (first sin by Adam & Eve – Genesis 3), the world was corrupted. MALE & FEMALE were corrupted, so much so that the purposes, innate qualities, principles, standards & truths of who we were created to be was corrupted.

If there is such a thing as toxic masculinity, then there should also be a thing as toxic femininity?

The use of the word TOXIC is subjective & damaging to all, as it is used to shame & diminish. Toxic behaviour should however be exposed by the name of the action & not by gender, for both genders, so that there can be a united fight against the actions. Taking corrective measures by instilling pride & ownership of true masculine & feminine traits. Teaching, empowering & encouraging boys & girls to grow into men & women who follow biblical standards of what it is to be a man or a woman.

Suddenly I look around & realise – each person has a role to play.
Starting at home with both parents setting the standard to be followed. Teachers, mentors & influencers not just spewing the social narrative, but truly building the next generation into becoming greater examples of how to overcome & be the best we can be. Friends & family encouraging & standing with the parents to build the next generation. NOT just allowing social media to brainwash us with leftist ideologies (wanting to destroy biblical truths & standards). Learning to dig deeper & think beyond what we see and hear.

Remember the following…

hard times create strong men
strong men create easy times
easy times create weak men
& weak men create hard times…

Do I believe there is a thing such as toxic masculinity? NO.
I do believe in traits that can be seen as toxic in both men & women – that does not make masculinity nor femininity toxic.

with my brain melting, I think I need some more coffee…
so until the next piece
be safe & be BLESSED

Advertisements

refresh….

Why is it so difficult to face a blank page with thoughts burning in your mind wanting to be imprinted on a page or to appear on a screen? & then the many questions of where to begin…

Somehow it clicks & the sentences starts to flow

I lost myself & found that my creativity & Carla spark was dying an extreme slow death… It still scares me to think that I could get so busy & in the process lost so much of myself! I fell off the wagon big time – not just mentally, but also physically…. To such a point where I found myself burning out!

In all of this I’m guilty of not paying attention to my gutfeelings (even though I would rather call it the nudgings of the Holy Spirit)… not taking it seriously…. I do believe God used friends and family around me to open my eyes to what was going on – even though I did not listen, nor wanted to take them serious… I had to emotionally & physically break down to see what they were seeing – to see the deep pit I was digging myself into.

& then the big realisation… I took a lot of unnecessary things onto my own shoulders – not allowing others to stand with or even help me. Ignoring biblical principles of allowing others to help carry my burdens, & with me being overburdened, I was not able to help others carry their burdens.

Own hurts & insecurities also over complicated so many things – especially talking about frustrations of what was going on & then to take advice… Where with many it started to feel that their ideas of what I should be attempting was more important than my actual well being – that they just wanted to say something, even when they did not have the full picture of what was truly going on. To such an extent that I did not want to share the darkness I was going through.

Thankfully I have a support network that did not give up on me, even when I was trying to push them away. & most important of all – God never let me go! I was pushed to a point where I had to take some serious introspection…

I had to make a decision to say enough is enough!! & from there I had to take the difficult steps to unburden myself & start to take care of me for the first time in a very long time… Saying it is okay not to be okay, but not getting stuck in it – to step out & get going in a relearning process of self care.

In this process I’m relearning the value of my support network, the value of time for things that lights my Carla spark & figuring out a routine that works for me. & yes, that includes taking better care of my physical & emotional health. ALSO to work on & grow my relationship with God to ensure a healthy balance in all aspects of life!

I am truly thankful for my Wolf who has stood by my side & encouraged me to not lose hope nor faith in God (even in the darkest of times where we both felt like throwing in the towel). God has truly been gracious & we have been blessed in ways that I could not even try to comprehend!! ALL HONOUR & GLORY & PRAISE TO GOD!!

until the next pieces….
kind regards from this side of the screen

die stilte verbreek…

en skielik, na ‘n te lang stilte het die woorde en gedagtes net te veel begin raas – so dat ek nie net pen op papier moes sit, maar eerder moes oorskuif en my gedagtes op die skerm kom vasvang….

mag ek hardop wonder of dit net ek is wat sukkel om te skryf? dat wanneer dit moeilik raak en die tyd te min (omdat ek te veel aandag aan andergoed as aan myself begin gee) dat al die ander dingetjies aandag steel en krieatiwiteit so staan en versmoor… dat die ‘bum to chair’ mantra nie eers werk & dat sinne opdroog nog voor my vingers om ‘n pen gevou kan word & wat nog te sê oor die sleutels van die rekenaar sleutelbord te laat gly… dat ek tot daardie besef moes kom dat ek vir te lank stil gesit & in die besig wees begin verdrink het.

so asof dit vir ‘n hele ruk my moes kom pla, die hele ding van na myself omsien, spesifiek die hele ding van fisiese en geestes gesondheid – hoe die twee hand aan hand stap en hoe mens balans moet vind om sodoende as geheel gesond kan wees. daardie ding van besig wees eer & mis dat ons mense aanmoedig om hulself as laaste prioriteit te stel, om alles en almal bo hul eie waarde te stel – om als gedoen te kry ten koste van hulself…. en skielik spring daardie sêding in my gedagtes rond – “if you don’t make time for your wellness, you’ll be forced to make time for your illness.”

met skaamte sak ek nou my kop, want dit is hoe ek moes leer – dat my liggaam net eenvoudig besluit het tot hier en nie verder nie… & ek wou dit nie ernstig opneem. dankbaar vir die netwerk rondom my wat wel voet by stuk gehou het om my te help om hierdie ding uit te kan sorteer (en dit alles in liefde)

ek dink nie dat ons as mens maklik besef hoe vinnig ons die idee van besig wees vereer, maar glad nie daaraan dink om tyd spesifiek vir onsself & daardie dinge wat ons juis uniek en spesiaal maak te maak nie.

wat is die groot ding wat ek hieruit moes leer – dat daar tyd vir alles moet wees – geballanseerd leef!!

maar nou kort ek eers koffie…
so tot ‘n volgende keer
groete vanaf die kant van die skerm!

wat is ‘n sneeuvlokkie?

‘n term wat ek die laaste ruk mee in aanraking gekom het wat ek nogals interessant vind… altans die beskrywing daarvan interessant vind…. seker ook iets te doen met die tipe youtube videos waarna ons die laaste tyd kyk… maar dan besef ek, dit’s iets meer as dit… en mens sien dit die laaste ruk meer…

en nee… ek praat nie oor ‘n sneeuvlokkie wat mens kry as dit sneeu nie…

dit’s die beskrywing wat aan millennials gegee word, omdat millennials gesien word as fragiale poefters wat veilige spasies vir alles benodig en met sagte handskoentjies hanteer moet word sodat hul gevoelens en emosies nie seer sal kry nie, en as dinge nie gaan soos hul dit wil hê nie is hul die grootste slagoffer van een of ander wandaad…. en hoe groter slagoffer jy is, hoe beter?

in sekere opsigte besef ek dat dit die samelewing is waarin ons leef… en in sekere opsigte is ek ook seker ‘n millennial sneeuflokkie (juis omdat ek baie van die goed in myself raaksien en ‘n punt daarvan gemaak het om daaraan te werk), maar daar is defnitief goed waarmee ek myself nie mee kan vereenselwig nie.

om op ‘n vaste waardestelsel te staan (al word dit as oudmodies gesien), om aan Bybelse beginsels en waardes vas te hou om my pad te rig en ly.

dan wonder ek weereens oor die punt van veilige spasies sodat ons emosies nie moet seerkry nie… sodat ons mekaar moet waarsku dat ons dalk iets gaan sê wat iemand gaan aanstoot gee… dat ons so oorversigtig moet wees met wat ons sê omdat mense als te emosioneel en persoonlik opneem (en ja ek’s self aan daai skuldig) en nie logies na dit wat gesê word luister en eie opinie kan vorm nie aangesien almal die publieke mening volg… nie dat publieke mening nie reg is nie, maar soms is dit so verwronge met ideale wat nie haalbaar is en wat almal so tevrede wil stel dat mens niks het waarop jy regtig kan staan nie…

nog iets wat uitstaan as mens dan nou aan hierdie sneeuvlokkies dink… die idee dat ons op alles en nog wat geregtig is… dit is my reg… maar wat van die reg van die meerderheid? moet die reg van die een die reg van die meerderheid oorskadu? en nog iets… hoe werk dit dat een lewe of stel lewens belangriker as ‘n ander stel lewens geraak het? dat ons nie kan sien dat ons almal mense is nie, al verskil kulture (al kan die kulture nie met mekaar vereenselwig en ooreenstem nie)

en ja ek trap seker op tone, of krap gedagtes en emosies om met wat vasgevang is op die skerm… maar dit’s nog iets om oor te dink… doen iets verder daarmee… nie net na ‘n veilige spasie hardloop omdat als en almal te erg raak nie (en ek praat so semi met myself ook hier)

my keel voel sommer droog en dan besef ek my koffie beker staan leeg…
so, tot ‘n volgende iets my dwing om my gedagtes op die skerm vas te vang….

groete vanaf die kant van die skerm

eerste bladsy van ‘n nuwe hoofstuk genaamd 2017

en so het 2016 gister met vuurwerke en ‘n groot vaarwel afgesluit… ek wonder hoeveel mense se eerste bladsy van die nuwe hoofstuk genaamd 2017 met ‘n effense ongesteldheid begin het…. ek en my Wolf was lui en rustig, en tog het ons heelwat gedoen gekry (bietjie navorsing oor toekoms projekte gedoen, films wat op ons kyk wenslysie is gekyk, wasgoed gewas, Star Wars leesstof gekry en ons katkind geterroriseer)

ek wonder so bietjie oor 2017…. wat hierdie tuimeltreinrit vir ons inhou… hierdie deel van ons avontuur… nuwe groeigeleenthede en leerkurwes 🙂

ek weet ons familie groei (meer geleentheid vir my om tannie te speel vir my broer en niggies se kleinlyfies wat hierdie jaar hul verskyning maak) dit’s steeds vir my tans die lekkerste om tannie te wees omdat die gedagte van ma wees my so bietjie skrikmaak nog op hierdie stadium. maar glo dit sal ook mettertyd verander. (ek kan nog nie my speelgoed deel nie so ek’s nog nie reg vir kinders nie)

dan is daar natuurlik nuwe werk’s groei geleenthede… waar dinge effens onseker is, maar die groei geleenthede wat wel vir ons loer is iets wat my uiters amper sommer kinnerlik opgewonde maak… die feit dat beide ek en my Wolf weer buite die boksie kreatief begin dink, met ‘n paar nuwe idees wat nogals interessant vorentoe kan uitdraai 🙂

iets waaroor ek dankbaar is so aan die einde van die feesgety, ons kersboom het oorleef (ons katkind het haar met ander stuitighede besig gehou, selfs by een van ons bure gebraaide wors gesteel)

ongelukkig het ek nie soveel vitamien D en oefening ingekry soos ek graag sou wou nie… maar my kreatiwiteit is gestimuleer en ek’t weer buite die boks kon dink, boardgames kon speel en tyd saam vriende spandeer.

my verloftyd is egter besig om baie vinnig baie min te raak… juis vir daardie rede vermoed ek dat ek eers my tyd agter die skerm gaan kortsny…
so groete vanaf die kant van die skerm!

‘n kort ietsie van Kersfees….

daardie oomblik wat dit inskop dat dit oor 4 slapies Kersfees is…

ek kan nie regtig sê dat ek al die Desember in ‘n Kersfees bui was nie, amper glad nie… maar daar is nou maar seker net iets daaraan om ‘n Kersboom op te slaan en almal aan ‘n tak te hang (elke familielid het ‘n kersversiering met hul naam op, so ja, in ons huisie hang elkeen letterlik aan ‘n tak) en daar is ook reeds persente onder die boom…

weet nie noodwendig of daar persente van my aan my Wolf en van hom aan my daar onder gaan beland nie (sien die persente is wat ons reeds van ander ontvang het, en ja ek en my Wolf brand van nuuskierigheid om te weet wat toegedraai is), MAAR ek’t ‘n blinkgat plan… gaan myself met ‘n strikkie toedraai en vir my Wolf onder die boom Kersoggend sit en wag…. maar dit’s ook moeilik, hy is gewoonlik voor my wakker …

daar is egter ‘n klein bekommernis, dat ons katkind die boom gaan invaar en vir haar ‘n persent gaan vang (en dat die boom dan gaan skade ly)… sal maar mooi met haar praat en verduidelik waaroor die boom en sy betekenis gaan… dit’s belangrik om te weet waaroor Kersfees gaan, en dat daar wel ‘n dieper betekenis en ryke geskiedenis aan is…

die ys in my glas smelt en ek vermoed ek kort nog vloeistof….
groetnis vanaf my kant van die skerm

in, of is dit nou op my eie wolkie

as hierdie dalk so effens deurmekruis is, kan dalk wees oor ek so effens deurmekruis is tans…. op so effense wolkie na my eerste begin, my eerste klein oorwinning, van ons huisie se regruk plan…. sien ons het doelwitte vir elke dag, die groot springclean in stukkies opgedeel om dit nie so oorweldigend te laat voel nie… en ek voel heel gelukkig met my eerste klein oorwinning….

maar die wolkie kan wees agv die skoonmaakmengsel wat ek dalk net dalk so bietjies te sterk aangemaak het…. (plus dan nog die effek wat pynpille op my sisteem het nadat dit my hoofpyn ‘n uitklophou gegee het)

hierdie was ‘n wille tuimeltrein rit van ‘n jaar (dink nie die rit het regtig gestop nie) met ‘n paar interessante lesse en klein oorwinnings wat eintlik groot oorwinnings was…

hierdie jaar het baie interessanthede gelewer…. die skuif van een werk na ‘n ander, drama by die werk (soms effens spanningsvol met tye, maar dit was altyd so dat ons steeds in al die ak en drama steeds kon grappies maak en die ligte kant van alles sien), leerkurwes tuis (en party kurwes is lekkerder as ander), daardie opstaan vir myself oomblik (vir wie ek is en waarin ek glo), ook om nederig onverskoning te vra en my aandeel raak te sien in ‘n donker duister situasie (en dan ‘n plan te maak om daaruit te leer), om te leer verstaan van wat dit beteken om werklik kwesbaar oop te staan voor geliefdes sodat hul inspraak in my lewe kan gee, en om weer iets van die vreugde van ander opbou te herontdek…

maar die jaar en sy draaie en lesse en leerkurwes is nog nie verby nie… en deel van my weet hier lê nog ‘n paar interessanthede voor… en tog is ek opgewonde oor dit wat voorlê 🙂

wonder skielik of die wyn wat my Wolf vir ons geskink het my wolkie nog prettiger en meer kreatief gemaak het… en ek dink ek kort iets om te eet ook…

so tot ek weer gedagtes op die skerm probeer vasvang, mag dinge aan daardie kant van die skerm geseënd gaan!